Damesoggend – Kaartjie
R350.00
Klub 23 en GHS bied met trots aan: Mel die Storieverteller.
Haar inspirerende praatjie, “Chaos is Gratis”, neem jou op ’n eerlike en insiggewende reis deur die lewe se onverwagte draaie. Met haar unieke styl deel Mel lewenswyshede, egte oomblikke en perspektiewe wat jou anders na jou eie storie sal laat kyk.
Nota:
Mel bied twee verskillende tipes aanbiedinge aan – haar praatjies en haar komiese verhoogvertoning.
Haar praatjie, “Chaos is Gratis”, is meer persoonlik en inhoudsgerig, met ’n fokus op lewenswyshede, insig en egte oomblikke. Hoewel daar beslis ligter en humoristiese oomblikke is, is die fokus nie op stories en komiese uitbeeldings soos in haar verhoogvertoning, “Internet Sensasie”, nie.
Hierdie aanbieding delf dieper en is meer reflektief van aard. Ons wil graag seker maak dat almal wat ’n kaartjie koop dit so verstaan, en nie arriveer met die verwagting dat dit Mel se komiese vertoning is nie.
35 in stock

