Klub 23 verbind ouers, oud-leerlinge, opvoeders, besighede en vriende van Generaal Hendrik Schoeman Laerskool (GHS) in ’n lewenslange gemeenskap van betrokkenheid en ondersteuning.
“Ek sou nie kon saamgaan nie…”
“My seun is vir al sy sporttoere gekies, maar ons het eenvoudig nie die middele gehad om alles te bekostig nie. Danksy Klub 23 kon hy elke keer saamgaan – sonder om ooit agter te bly. Julle het nie net ‘n kind gehelp nie, maar ‘n droom moontlik gemaak.”
“Toe die veld droog was, het Klub 23 laat groei gebeur.”
“Die ou besproeiingstelsel het die sportvelde in ‘n toestand gelos. Klub 23 het ingestaan en ons kon die hele sisteem opgradeer. Vandag floreer die gras én die kinders wat daarop speel.”
“Ons kinders is vandag veiliger.”
“Klub 23 het gehelp om ‘n kamerasisteem regdeur die skool te installeer. As ouer is dit ‘n groot gemoedsrus om te weet ons kinders is beter beskerm.”
“Die nuwe krieketbane gee kinders selfvertroue.”
“Ons ou bane was verslete en glad nie meer veilig nie. Klub 23 het gehelp om dit oor te doen, en die kinders oefen nou met trots en ywer. Hulle voel gesien en ondersteun.”
“Klub 23 maak 52 magies vol – elke dag.”
“Daar is kinders wat sonder kos skool toe kom. Dis hartseer – maar Klub 23 help. Elke pouse word daar 52 kosblikies met liefde uitgedeel. Dis meer as kos – dis omgee.”
“Revue kinders het geblink – letterlik én figuurlik.”
“Toe ons revuegroep reg was om op die verhoog te skitter, het Klub 23 gesorg dat hulle mooi grimering kry. Dis klein goedjies wat groot verskille maak in selfbeeld en trots.”